Die Girl
- In the life of "Who the fuck cares"
- Apr 20, 2024
- 1 min read
Geskryf deur Christina Duvenhage op 11 Oktober 2023
Die gedig is geskryf oor verwerping en jare se trauma.
Die girl wat almal wil hê en dan weggooi.
Die girl wat almal wil hê en net gebruik.
Die girl wat almal wil hê, maar nie voor wil baklei nie.
Die girl wat almal wil hê maar nooit lief kan kry nie.
Die laaste opsie, laaste prioriteit. Die laaste
Die girl wat niemand warry om seer te maak nie, want sy het mos nie ñ hart nie, en sy kan dit mos hanteer.
Die girl wat nagte omhuil en vra "Hoekom Here"
Die girl wat moeg gehuil is.
Die girl wat moes wegloop, weghardloop net om ietwat weer soos ñ mens te voel, en dan nogsteeds waar sy sit so grys voel soos die lug om haar.
Sal sy ooit normaal wees, weer okey wees.
Die girl wat lief het, maar nooit lief gehê sal word nie.

Comentarios