top of page
Search

Die ou hout bankie

  • Writer: In the life of "Who the fuck cares"
    In the life of "Who the fuck cares"
  • Jun 26, 2024
  • 2 min read

Updated: Jun 29, 2024

Geskryf deur Christina Duvenhage op 12 November 2023


Dis dae soos die wat ek net hier op my ou hout bankie in die tuin sit en die natuur bewonder. Waar ek rustigheid soek vir die storm in hart. Waar die geraas van my kop net nie wil stilraak nie en die seer deur die krake kruip. En ek kan nie help om myself in die ou hout bankie te sien nie. Hy is lende lam en val ook al uitmekaar.

Hy het ook al beter dae gehad. Deur jare se wind en weer en rondskuif van plek na plek, staan hy nogsteeds op sy manier, Verblyk, geroes en n paar plankies missing, Staan hy dag in en dag uit daar alleen en wag. Dag in en dae uit, soms maande aan een wag hy alleen.

Wag vir wanneer iemand hom dalk nodig het. Saam dra hy hulle laste tot hul weer gaan.

Hy vra nie vrae en hy soek ook niks. Hy bied die stilte wat n bemoeie hart nodig het. En die rus vir n gebreukte siel. Hy het nie veel nie en bied nie baie aan nie, Hy maak seer wanneer jy te lank op hom sit, maar bied rus aan vir wanneer jou bene moeg geloop is. Hy wag geduldig net vir ingeval iemand hom dalk nodig het. Niemand vra of hy okey is nie, en niemand maak seker dat hy heel gehou word nie, maar nog wag hy. Hy kla nie. Hy wag.

Vir ander lyk hy stukkend en uit plek, maar hier in my tuin, pas hy in. Want net soos wat die bankie lyk, so lyk ek. Ek is ook stukkend en uit plek. Ek is ook gebroke met n geroeste hart en is ek ook lende lam Deur die storms van die lewe, bly ek maar deur God se genade staan. Die kleure van my lewe verblyk en half grys en net soos die bankie, het ek ook al deur die jare heen stukke van myself verloor. My plankies is ook stuukend en maak dit ook soms seer. En net soos hierdie hout bankie loop ek ook maar alleen deur die lewe.






 
 
 

Comments


©2024 by In the life of "Who the fuck cares". Proudly created with Wix.com

  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn
Subscribe to Site

Thanks for submitting!

bottom of page