Die Skoenboks
- In the life of "Who the fuck cares"
- May 31, 2024
- 2 min read
Ñ gedig deur Christina Duvenhage op 30 Mei 2024
Siek wees. 'n Gesondheids las
Ek is so moeg vir siek wees, moeg vir pille en net sommer moeg.
'n mens besef nie hoe jou lewe in 'n oogwink kan verander, tot dit verander nie.
en al wat jy van jou lewe oor het, is 'n dop vol ou herinneringe, van 'n mens wat was.
'n Lewe begrawe in n skoenboks soos toe jy sewe jaar oud was en geglo het dat alles moonlik is. Toe jy geglo het in die tandemuis, kersvader en feëtjies, 'n skietende ster wat jou drome nader bring.
'n Skoenboks begrawe onder die boom, om eendag ontgrawe te word, met niks daarin behalwe ou herinneringe, ou briewe, foto's en embleme van 'n mens wat jy nie eers meer herken nie.
As 'n mens maar net so jou herinneringe kon vas vat.
Die ou mens in die skoen boks kan begrawe om weer later daarna terug te keer.
Nou hoop jy net om te kan onthou. Net eenkeer weer kan herken wie en wat jy was.
Net nog een keer kan onthou dat jy wel nog 'n mens is, en dat jou siekte nie jou identiteit is nie.
Jy is meer as net nog 'n pil, 'n episode of 'n diagnose.
Jy is meer as net nog n gedagte van die mens wat jy eens was.
Jy vergeet dat dit okey is om te lag, 'n grap te vertel, of om mooi te lyk sonder om skuldig te voel.
Siekte is 'n lelike ding, dit vat jou lewe oor. Voor jy jou oë kan uitvee, eet, slaap en drink jy jou siekte.
Jy bou jou hele lewe om dit en voor jy jou kan kry staan jy voor die spieël en al wat jy sien is die dop van 'n mens wat was. Hoe onthou jy jouself as al wat jy sien donker, seer en siekte is. Die ou mens wat saam met die stêr verby geskiet het. Die skoenboks en al in hand onder die boom, staan jy met vuil gegraafde hande opsoek na die mens wat jy eens was, maar al wat jy sien is.
Die skoenboks met 'n gefrommelde prentjie, 'n geskeurde foto, 'n verbleikte brief.

Comments