top of page
Search

My hart is net te seer....

  • Writer: In the life of "Who the fuck cares"
    In the life of "Who the fuck cares"
  • Feb 21, 2024
  • 2 min read

Here vandag is my hart seer, Daar is soveel om voor dankbaar te wees, maar hier is ek, ek wil net oprol in n balletjie en huil. Ek kan nie verstaan hoekom voel ek so nie, maar ek doen. My hart is seer en ek kan vir niemand sê nie. Niemand gaan tog ooit verstaan as ek dit self nie verstaan nie. Some het ek net nodig om in iemand se arms te wees, maar in niemand se arms voel ek veilig genoeg om net myself te wees. Ek voel so alleen al is daar hoeveel mense om my. Dis asof ek net bestaan, maar sonder met waarde.


Hoe is dit dat ek op die plek in my lewe gekom het. Waar almal kan aangaan, hulle lewe geniet en hier is ek, n betekinlose lewens bestaan. Wat my gaan laat beter voel sal ek nie weet nie, al wat ek weet is dat die seer vandag weer wen. Net weereens besef ek hoe alleen ek eintlik is, ek kan die foon optel en iemand bel, maar sodra ek aan my foon vat besef ek, ek het niemand om te bel nie. Ek kan n brief skryf, maar as ek pen op papier wil sit, besef ek, ek het address om dit heen te pos nie.


Here, my hart is seer en ek weet nie hoekom nie. Ek wil opgee, maar my kinders verdien nie dit nie. Almal se lewens gaan aan sonder my, so asof ek net nie deel van hulle lewe was nie. En hier sit ek en skryf my gevoelens op n stuk papier uit want daar is geen oor om na my hulpgeroep te luister nie. Daagliks vra ek myself, hoe het ek op hierdie plek gekom, waar het dit alles verkeerd geloop, en ek het net geen antwoorde nie.


Waar kom die seer vandaan, en gaan dit ooit weg gaan. Is daar ooit iemand daar buite wat aan my dink en my mis. Is daar ooit iemand daar buite wat my lief het. Is daar ooit iemand daar buite wat bang is om my te verloor?


Here, ek wil nie so voel nie, ek wil nie hartseer wees nie, ek wil nie in hierdie diep gat val nie, want ek weet dis net ek wat my daar uit kan kry. Hoe het ek weer hier gekom. Hoekom moet ek so alleen wees met niemand wat my verstaan of wil verstaan nie. Die oomblik wanneer ding moeilik raak, verwerp almal my en kies die maklike uitweg en los my met my spoke alleen.


Hoekom voel dit of my hart wil oorloop van die trane, maar my oe net nie wil huil nie. My hart is seer Here en ek weet nie hoekom nie. Ek voel alleen. Ek kan voel ek is op die brink van val, en hoe vêr dit die keer gaan wees, weet ek nie.


My hart is seer Here en ek wens ek kon verduidelik hoe ek voel maar ek verstaan dit self nie.

Gann iemand my ooit eendag liefhê, gaan ek eendag belangrik genoeg vir iemand wees dat hulle bang is om my te verloor.

Ek wil nie meer nie, Here. Die seer maak net te seer. Die alleen is net te alleen. ek wil nie meer nie.

 
 
 

Comments


©2024 by In the life of "Who the fuck cares". Proudly created with Wix.com

  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn
Subscribe to Site

Thanks for submitting!

bottom of page