top of page
Search

Net nog een keer

  • Writer: In the life of "Who the fuck cares"
    In the life of "Who the fuck cares"
  • Mar 27, 2024
  • 2 min read

Geskryf deur Christina Duvenhage op 27 Maart 2024


Vanoggend se son laat dink my aan jou.

Net nog een keer wat my hart jou nodig het

Die lewe was nie maklik nie, maar jy het dit makliker gemaak.

Jou skouers was breed en ek kan nie help om te dink net nog een keer.

Maar die keer, nie om my laste te dra nie, maar om jou te help joune te kan dra.

Net nog een keer jou stem te kan hoor.

Net not een keer jou kos te kan proe, want niemand kan kook soos jy

Net nog een keer jou soen te kan voel

Net nog een keer jou lag te kan hoor

Net nog een keer saam jou op die mat te kan sit

Net nog een keer n kans te kan hê om jou voete na n lang dag te kan vryf.

Net nog een keer jou bond rok in die son te kan sien skyn

en net nog een keer jou laste te kan help dra.


Ek het nooit regtig die suffer raak gesien as kind nie, maar nou verstaan ek.

Die opofferings wat jy moes maak,

Die seer wat jy moes hanteer.

Jy moes vir soveel baklei, maar niemand het vir jou baklei nie.

Jou kla het op dowe ore geval.


Alaml was welkom

Van boemelaar to die president, jy het nooit enige iemand weg gewys nie.

Jy sou altyd vir almal kos aanbied, nooit gesê dis nie genoeg nie.

Jy het nie veel gehad nie, maar nog was dit altyd genoeg.


Jou bondrok ingeëts in my geheue

Jou kleure het nooit bymekaar gepas nie

Maar dis to wie jy was.

En al kan ek net nog een keer saam met jou sit.

Sal ek net sê hoe lief ek jou het.

Jy was nie net n ouma nie, maar my moeder ook.

Ek kon nie vra vir n beter moeder nie.

Jy was n geskenk uit die hemel uit vir my

En net nog een keer sal nie eers genoeg kan wees

om terug te kan wat jy aan my gegee het nie.





 
 
 

Comments


©2024 by In the life of "Who the fuck cares". Proudly created with Wix.com

  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn
Subscribe to Site

Thanks for submitting!

bottom of page